Kuala Lumpur – Amptenare by ‘n Maleisiese lughawe het in die afgelope
ses dae op 32,46 kg dwelms met ‘n waarde van 7 miljoen ringit (R18,2
miljoen) beslag gelê, het nuusberigte Woensdag gesê.
Die dwelms is tydens verskeie klopjagte gevind, het die direkteur van doeane, Govinden Mutosamy, aan die Star gesê.
Doeane-beamptes het oor die naweek vier mense in hegtenis geneem en 14,25 kg dwelms is oor die naweek gekonfiskeer.
Die
polisie het vanjaar meer as 600 buitelanders hierdie jaar vir
dwelmsmokkelary in hegtenis geneem, bykans twee keer soveel as tydens
dieselfde tydperk verlede jaar.
Mense van Iran en Nigerië was
bo-aan die lys van skuldiges, gevolg deur verdagtes van Thailand,
Indonesië, Mianmar en ander lande.
– Volg Nuus24 op Twitter
http://afrikaans.news24.com/Wereld/Nuus/R18-milj-se-dwelms-op-Maleisiese-lughawe-gevind-20111109