Detroit – ‘n Bejaarde man van Indiana verskyn op
aanklagte van die besit van dwelms voor ‘n hof ná polisielede 103 kg
kokaïen in sy bakkie gevind het.
‘n Polisielid het Leo Earl Sharp (87) Vrydag langs 'n hoofweg in Detroit beveel om te stop na hy onwettig van baan verander het.
Die polisielid het hom gevra of hy die motor kan deursoek, maar Sharp het geweier.
‘n Ander polisielid het ‘n hond die motor vir dwelms laat deursnuffel en die polisielede het 104 stene kokaïen gevind.
Sharp is aangekla van die besit van dwelms met die bedoeling om dit verkoop.
As hy skuldig bevind word, kan hy tot 10 jaar tronkstraf gevonnis word.
– Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters