Kaapstad – 'n Johannesburgse man is buite
Beaufort-Wes in hegtenis geneem nadat tik ter waarde van R13 miljoen in
sy besit gevind is, het die polisie Donderdag gesê.
Kapt. Bernadine Steyn het gesê meer as 13 kg tik is in die man se besit gevind.
Die polisie het die 51-jarige man agternagesit toe hy vroegoggend versuim het om by 'n padblokkade stil te hou.
Die dwelms is gevind toe die man se motor deursoek is.
Steyn het gesê die man sal binnekort in die Beaufort-Wes-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA