Wednesday, November 16, 2011

Dwelmmuile op Kaapse lughawe vasgetrek

Kaapstad – 'n 25-jarige Kongolese man en 'n 35-jarige van Zaïre is op die Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat kokaïen ter waarde van R57 500 in hul besit gevind is, het die polisie Dinsdag gesê.

Die 200 g kokaïen is Maandag tydens 'n roetine-inspeksie gevind nadat die mans op 'n vlug vanaf Brasilië in Kaapstad aangekom het, het ao. November Filander.

"Die mans is hospitaal toe geneem vir X-strale, waar die pakkies dwelms in hul mae gevind is."

Filander het gesê die mans is steeds in die hospitaal sodat dokters die dwelms, wat hulle ingesluk het, kan verwyder.

Die mans sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA