Wednesday, November 16, 2011

Duitse doeanebeamptes vind 150 kg se heroïen

Regensburg – Duitse doeanebeamptes het beslag gelê op 150 kg se heroïen toe hulle voertuie in die suidelike staat van Bavaria afgetrek het, het beamptes Vrydag berig.

Die bestuurder en drie ander verdagtes is in hegtenis geneem.

Christian Schuettenkopf, woordvoerder vir die doeane-owerhede, sê die vragmotor was na Nederland onderweg.

Die owerhede sê die verdagtes is verlede week vasgetrek, maar die inhegtenisneming is nou eers aangekondig om die polisie meer tyd te gee om ondersoek in te stel.

Volg Nuus24 op Twitter. 
- Sapa-DPA