Sunday, February 12, 2012

Dwelmsake-direkteur in arres oor tik

Kaapstad. - ’n Direkteur van die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling is op verpligte verlof geplaas nadat hy glo met tik betrap is.

Mnr. Dave McNamara, direkteur van maatskaplike ontwikkeling, is onder meer verantwoordelik vir programme teen dwelmgebruik.

Hy is glo in Junie verlede jaar in die berugte Senator Park-woonstelle in die Kaapse middestad met tik betrap. Hy verskyn weer in April in die hof.

Dié bewerings het Dinsdag aan die lig gekom.

Mnr. Albert Fritz, LUR, het gesê skorsing staar McNamara in die gesig.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Dwelmsake-direkteur-in-arres-oor-tik-20120209