Sunday, February 12, 2012

Dagga maak jou wél gevaar op pad

Kaapstad – Die uitslag van 'n studie wat in die gesaghebbende British Medical Journal gepubliseer is, het getoon die risiko van 'n ernstige padongeluk is bykans twee keer so hoog as 'n bestuurder dagga gebruik het.

Die risiko is nóg hoër wanneer die bestuurder jonger as 35 jaar is.

Die doel van die navorsing was om te bepaal wat die invloed van dagga op padgebruikers is wanneer ander faktore, soos drankgebruik, buite rekening gelaat word.

Die navorsing bied 'n oorsig oor nege studies waarby sowat 49 000 mense betrokke was.

Die navorsers van die Dalhousie Universiteit in Kanada kon egter nie antwoorde gee oor hoeveel van die dagga se aktiewe bestandeel nodig is om 'n motoris se bestuursvermoë aan te tas nie.