Sunday, January 20, 2013

Steroïede: Skole in visier

Drug Detection International has been working with communities in Africa since 2008 on eradicating the infection of drug abuse. But in all this time we have not been able make a dent in the problem as law enforcement do not listen or react to the obvious in flow of drugs threw customs or ports. 8 000 containers and millions of packages per day are not sufficiently investigate for contraband. Transport industry protect them self with disclosures and warnings that are noting but smoke and mirrors to make billions out of transporting contraband. The eradication of steroids and drugs at schools can never be stopped if we as responsible citizens do not lobby for the transport industry to enforce there contraband warning.

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Steroiede-Skole-in-visier-20130119
Jong rugbyspelers aan van die land se voorste sportskole gaan vir onwettige steroïede en ander verbode middels getoets word.

Dit nadat byna ’n derde van 62 leerlinge wat die afgelope ses maande in onafhanklike toetse ondersoek is, positief getoets het vir middels wat so gevaarlik is dat dit tot die dood kan lei.

In ’n ondersoek het Rapport bevind anaboliese steroïede, ’n skedule 5-middel wat onregmatige verspreiders én gebruikers in die tronk kan laat beland, is so maklik verkrygbaar dat veral jong rugbyspelers dit op die internet bestel en by hul skole laat aflewer.

Ouers, leerlinge en selfs die owerhede is in baie gevalle onbewus van die wetlike implikasies en gesondheidsgevare.

In ’n landwye aanslag op middelmisbruik in skole het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) aangekondig meer as 100 skole, waaronder van die land se voorste sportskole, het al aangedui hulle sal aan die toetsing van leerlinge deelneem.

Skole wat genader gaan word, sluit in die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, Grey-Kollege in Bloemfontein en die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria. Deon Gerber, rugbyhoof van Paarl Gimnasium, sê hoewel sy skool nog nooit probleme met steroïede gehad het nie, staan hulle bankvas agter Saids se plan.

Die skool gaan sy hele o.19A-groep stuur om vir verbode middels getoets te word.

Die Hoër Jongenskool Paarl het ook bevestig hy is reeds deur Saids genader.

Dit sal die eerste gekoördineerde aanslag op middelmisbruik in skole wees, waar kenners lankal vrees dié praktyk is ’n donker geheim.

Riaan de Vries, ’n onafhank­like toetser vir verbode middels in Gauteng, sê 18 van die 62 leerlinge wat hy die afgelope ses maande getoets het, het positief getoets vir anaboliese steroïede.

“Een skool in Durban het snuf in die neus gekry toe daar al hoe meer koerierpakkies vir leerlinge by die skool aangekom het. Hulle het my toe genader om toetse op daardie leerlinge te doen.”

Dr. Jon Patricios, ’n Johannesburgse sportgeneeskundige, sê ’n 20-jarige pasiënt van hom het onlangs gesterf toe hy weens middelmisbruik ophou asemhaal het.

Patricios sien gereeld ernstige mediese probleme, soos die verlies aan erektiele funksie en die vergroting van die hartspier weens steroïedemisbruik.

Hy sê hy het die afgelope vyf jaar ’n merkbare verandering in die liggaamsbou van baie van sy jong pasiënte opgemerk en toe besluit om skole te nader oor sy vermoede dat steroïedemisbruik algemeen geword het.

“Steroïede kan ook kanker, nierversaking, lewerskade en diabetes meebring en selfs beserings veroorsaak waar spiere van die been afskeur,” waarsku dr. Louis Holtzhausen, ’n sportgeneeskundige verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat.

“Een van die kinders wat ek getoets het, het nou nierversaking,” sê De Vries.

“Baie van die outjies wat gevang word, speel in die tweede of derde span en glo hulle sal die eerste span haal as hulle ’n paar kilogram se spiere optel.”

Volgens hom wil ander bloot “goed lyk op die strand”.

De Vries sê hy het al die Valke genader met bewyse dat steroïede onwettig verkoop word, maar hulle het glo nie geweet dit is onwettig nie.

Kragtens die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe mag niemand medisyne of ’n gelyste stof verkoop, in sy of haar besit hê of vervaardig nie, tensy hulle by die voorgeskrewe voorwaardes hou, sê Herklaas Venter, ’n prokureur wat gereeld in verwante sake optree.

“Dit sluit beslis anaboliese steroïede in.”

De Vries het ’n pryslys van ’n plaaslike steroïedesmous aan Rapport gewys waarop voornemende kopers kan kies en keur uit meer as 40 anaboliese middels en bykomstighede, soos spuitnaalde, kan aanskaf.

Die koste wissel van R125 tot R1 600 vir steroïede wat met spuitnaalde toegedien word.

Kapt. Paul Ramaloko, die Valke se nasionale woordvoerder, sê hulle is bewus van die probleem, maar hy kon nie bevestig of die owerhede al enige deurbrake gemaak het om onwettige verskaffers vas te vat nie.