Tuesday, August 30, 2011

‘Dagga’ wettig te koop

Drug Detection International
www.drugdetection.co.za  introduces easy system to test for JWH-018, JWH-019 & JWH-073 Metabolite Known under many names, K2 and Spice in Saliva and in Urine.

For help with this testing protocol please call 011 024 7368 or e-mail help@drugdetection.co.za


Beeld - Dagga wettig te koop


‘Dagga’ wettig te koop

2011-08-28 22:10

Beeld het dié pakkie Magic Dragon teen R90 gekoop en dit is in Kaapstad gepos. Luidens die verpakking is dit vir TSMC Global Limited in Auckland, Nieu-Seeland, vervaardig en moet dit nie geëet word nie. Dit mag nie aan mense onder die ouderdom van 18
’n Sintetiese dwelmmiddel met ’n soortgelyke uitwerking op die liggaam as dagga en moontlik verslawend, word vermoedelik weens onvoldoende wetgewing as ’n “wettige dwelm” in Suid-Afrika bemark.

Roetine uriensiftingstoetse vir dwelms kan dit boonop nie opspoor nie.

Beeld het in ’n ondersoek ’n pakkie Magic Dragon-kruiemiddel op www.legal-highs.co.za gekoop en geneem na die forensiese toksikologielaboratorium van die Universiteit van Pretoria se departement chemie.

Volgens dr. Tim Laurens, toksikoloog en direkteur van die laboratorium, toon ’n gevorderde toets (gas-chromatografie-massa spektrometriese analise) daar is JWH-073 in die mengsel.

JWH-073 is ’n sintetiese molekuul wat ’n soortgelyke uitwerking op die liggaam kan hê as dagga. Laurens se laboratorium het JWH-073 ook al in ’n pakkie Dust van legal-highs.co.za gekry. Hy sê hy het onlangs navrae gekry van groot maatskappye wat vermoed hul werkers gebruik “sintetiese dagga”.

Die maatskappye was radeloos omdat roetine uriensiftingstoetse om dwelmgebruikers in die werkplek uit te wys, nie gebruik van die middels kon uitwys nie.

Laurens het gesê hy het vroeër vanjaar tydens ’n navorsingsprojek in Duitsland gehoor hoe owerhede sukkel met die beheer van sintetiese dwelms.

Dagga en afgeleide vorms van die plant word in Suid-Afrika deur medisyne- en dwelmwette verbied.

Volgens Laurens is JWH-073 ’n chemiese verbinding wat nie deur die daggawet gedek word nie. Dis omdat dit nie ’n afgeleide vorm van die daggaplant is nie.

Dié en ’n lys ander sintetiese molekule is oorspronklik deur navorsers ontwikkel in ’n soektog na ’n veilige medisinale gebruik vir dagga.

Ondergrondse farmakoloë het egter begin om dit in kruieprodukte te gebruik en as ’n “wettige” dwelmmiddel te smous. Een van die eerste sintetiese kannabinoïede wat in kruiedwelms gekry is, was JWH-018 in 2008.

Daar is nou tientalle.

Die chemiese stowwe word vermoedelik op plantmateriaal gespuit, gedroog en verpak, maar nie op die verpakking verklaar nie. Verkope van die krui-dwelms (aanvanklik bekend as Spice) het die hoogte in geskiet toe die media in Duitsland daaroor berig het.

Die owerhede het die produkte en molekule die een ná die ander begin verbied, maar sukkel om voor te bly.

Ondergrondse farmakoloë verander glo kort-kort die molekulêre struktuur van die sintetiese kannabinoïede, wat dit moeilik maak om dit met laboratoriumtoetse op te spoor. Talle oorsese lande het reeds begin om die middel te verbied of skeduleer.

Laurens het aan die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) oor die kwessie geskryf.

Die MBR het nie op herhaalde navrae gereageer nie.

Mnr. Ross Whitehead van legal-highs.co.za het gesê die maatskappy se hoofkantoor is in Nieu-Seeland en wou nie kommentaar lewer nie.

Nadele

  • Die molekule lyk anders as die dagga se delta-9-tetrahidrokannabinol (THC), maar is funksioneel dieselfde deurdat dieselfde kannabinoïede reseptore (CB1 en CB2) in die mens se liggaam daarvoor ontvanklik is.
  • Dis nie omvattend op mense getoets nie, maar dierestudies toon dit kan dieselfde uitwerking as dagga op mense hê.
  • Talle van dié middels het eers die afgelope dekade op die mark verskyn, dus is die langtermynuitwerking daarvan, soos of dit karsinogenies is, onbekend.
  • Moontlike komplikasies: angsaanvalle, paranoia, hartkloppings, verhoogde bloeddruk, braking, hallusinasies, disoriëntasie en konvulsies.
  • Gevaarlik vir mense? Ja, as siftingstoetse die gebruik daarvan mis by werkers in byvoorbeeld die vervoersektor en siviele ingenieurswese.